Kaaps-Hollandse styl

Kaaps-Hollandse Styl
boustyl
Subklas vanNederlandse Koloniale HerlewingsstylWysig
BoustylNederlandse Koloniale HerlewingsstylWysig

Kaaps-Hollandse Styl is 'n styl van argitektuur wat deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie en sy goewerneurs aan die Kaap die Goeie Hoop gebruik is. Dit is beïnvloed deur die argitektuur van Nederland (gewels), Italië en Frankryk (barokvloerplanne; sien ook: barok), en Portugal (rietdakke).

Pas na die aankoms van Jan van Riebeeck aan die Kaap in 1652 is geboue uit noodsaak opgerig en materiaal wat plaaslik beskikbaar was moes uiteraard gebruik word. Met verloop van tyd en namate die nedersetting om die oorspronklike Fort de Goede Hoop en later om die Kasteel uitgebrei het, het 'n soort Kaapse volksboukuns ontwikkel wat in wese heeltemal tydeloos was.

Oor die algemeen het die stylelemente van hierdie volksboukuns twee eeue lank die weerspieëling gebly van plaaslike omstandighede, vereistes en die materiaal wat beskikbaar was. Naas die tydelose basiese elemente het die Kaapse boukuns ook geboue opgelewer wat juis sterk tydsgebonde sierelemente besit het. Die boustyl aan die Kaap en in die omliggende distrikte sou met verloop van tyd stylkenmerke van die Barok, die Klassisisme en die Neo-Klassisisme toon wat oor· gedra is op die tradisionele, konserwatiewe volkstyl.

Die meeste historiese geboue en huise wat vandag as voorbeelde van die Kaaps-Hollandse boustyl beskou word, is tussen 1750 en ongeveer 1825 gebou. Aan die begin van hierdie eeu was daar na raming nog sowat 3 000 Kaaps-Hollandse geboue, waarvan daar 50 jaar later maar net 'n paar honderd oor was. Verskeie individue en organisasies beywer hulle al sedert die einde van die vorige eeu vir die behoud en bewaring van hierdie unieke eie volksboustyl.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search